Wat sê ons ouers?
Ouerterugvoer
Ervarings
Uit die pen van ‘n ouer
Ons is ongelooflik dankbaar vir hierdie kleuterskool! My oudste seun, Liam, het in Februarie 2022 by die skool aangesluit toe hy amper 2 jaar oud was, en my jongste seun het in April 2024 begin toe hy net 6 maande oud was. Vandag kan ek met volle vertroue sê: hierdie skool is uitsonderlik! Die hoof, onderwysers en assistente is werklik geroep tot dié werk. Dis nie net ’n werk vir hulle nie – dis ’n roeping. Dit is ’n Christelike skool wat Christelike waardes nie net leer nie, maar ook uitleef – op ’n manier wat ek self bewonder. Elke kind word gesien, gehoor en geliefd. Die klasse is klein genoeg dat elke kind individuele aandag kry, en as ’n kind ’n moeilike dag het, word daar onmiddellik met liefde en begrip ingegryp. Die onderwysers gee graag raad aan ouers – ek het self só baie by hulle geleer. Hulle hou my op hoogte as daar iets met een van my kinders gebeur wat buite die norm is, en hulle is altyd beskikbaar vir gesprekke en ondersteuning. Dis duidelik dat hulle lief is vir my kinders – dit wys in alles wat hulle doen. Wat my ook beïndruk, is die dissipline en struktuur – dit gaan hand aan hand met omgee en deernis. Liam weier om my kos te eet, maar by die skool eet hy alles! Dit sê vir my alles oor die liefdevolle en stimulerende omgewing waarin hulle daagliks is. My kinders leer soveel – nie net akademies nie, maar ook oor emosies, verhoudings en hoe om die wêreld rondom hulle te verstaan en te hanteer. Dis vir my ’n wonder om te sien hoe hulle begin toepas wat hulle leer. Ek los my kinders met absolute gemoedsrus daar – en ek los hulle nie sommer êrens nie! Hierdie span gaan werklik die ekstra myl vir elke kind. Hulle gee om. Hulle ondersteun. En hulle maak ’n verskil. Liam is so lief vir sy juffrou dat hy haar saam met ons op vakansie wil neem! Dankie vir alles wat julle doen – julle is ’n seën vir ons gesin.
Ons het na baie kleuterskole gaan kyk en nerens reggekom, maar gelukkig deur n vriendin gehoor van Carpe Diem want vandat ons op lentedag ongenooid daar opgedaag het en Juffrou Annelize met haar vrolike klere en al die kinders in hulle insekte kleertjies gesien lag en rondhardloop het, het ons so tuis gevoel. Ons dogtertjie wou ook dadelik na Juffrou toe gaan wat vir ons n baie goeie teken was. 2 Jaar later laai ons haar nog elke dag met n geruste hart af! Baie goeie kommunikasie van die skool, uitstekende temas, genoeg speelplek en toesig. My dogtertjie floreer verseker by Carpe Diem!
As juffrou is my meisiekinders se akademiese ervaring baie belangrik. Ek het nog altyd gesoek na ‘n plek wat my kinders se talente koester en hulle ‘n omgewing gee om te ontwikkel as mense. Ek het dit beslis gevind by Carpe Diem!
Carpe Diem kleuterskool is die huis weg van die huis af. Ek is ongelooflik bly dat my dogtertjie so gelukkig is by die skool. Sy glimlag altyd en hulle speel so lekker! Hulle opvoeding is fantasties en hulle is dierbaar! Christelik georiënteerd en baie opvoedkundig. Hulle doen ekstra baie moeite met die kinders! Verseker die beste besluit ooit!
Carpe Diem is nie net ‘n skool nie, dis huis. Daar is klein klassies, baie aandag, liefde en geduld. Elke personeellid is so betrokke in die kindertjies se lewens. Vir ons gesin het die skool as besturing gekom met baie liefde en ondersteuning.
Carpe Diem het al my verwagtinge oortref. My eerste kind het daar begin in 2018 (na baie navorsing en ‘n groot soektog vir die perfekte kleuterskool) en toe sussie haar verskyning maak drie jaar later het ons haar dadelik daar ingeskryf. In Graad R het die laerskool my laat weet dat my kind op Graad 2 vlak is met vele aktiwiteite en het spesifiek gevra in watter kleuterskool sy was want sy het ‘n baie goeie fondasie. Sy floreer nou in Graad 1 en is ‘n top presteerder. Sussie is huidiglik in die Walvisklas en daar is nie ‘n dag wat sy huis toe kom en vertel dat sy niks geleer het nie. Die individuele aandag, liefde, omgee en geduld van die Carpe Diem onnies is next level. Ek kan nie uitgepraat raak oor hoe wonderlike skool dit is nie. Ons ry met liefde van die anderkant van die Wesrand af want ons weet dis waar ons kinders floreer!
Ons gesin het die voorreg om vanaf 2022 deel te wees van die Carpe Diem familie. Ons het nou al 'n kind in elke klas gehad en kan met lof getuig van elke juffrou en assistent se liefde en omgee vir die kinders en die gesin as geheel. Met klein klasse word elke kind se potensiaal ontwikkel en deur te leer deur te speel word 'n goeie fondasie gebou vir die groot sprong na laerskool toe.
Carpe Diem Kleuterskool is die beste! 7 jaar terug het ons die besluit gemaak om ons dogtertjie uit n beledigende Kleuterskool uit te haal. Ons dogtertjie het gesukkel met haar ontwikkeling na die trauma en na net 2 weke in Carpe Diem het sy meer ontwikkel as n jaar in die ander Kleuterskool! Sy het weer begin glimlag en lag. Toe ons ons seuntjie gehad het 3 jaar terug was daar geen twyfel van waar hy moet gan nie. Carpe Diem bly altyd nommer 1 in ons boekies!
Ons seuntjie floreer in laerskool as gevolg van die fondasie en vorming van sy kleuterskool jare in Carpe Diem, en dit was met daardie informasie wat ons ook besluit het om ons dogtertjie haar graad RR jaar te voltooi by Carpe Diem. Sy was deel van Carpe Diem vanaf 3 jarige ouderdom. Nie net het ons as gesin elke dag berusting in ons hart dat sy goed intelektueel gestilmuleer word nie, maar ons het sekerheid dat haar emosies en haar gees ook 'n prioriteit is. Carpe Diem se Christelike waardes en leer deur speel benadering is enig in sy soort. As 'n mensie is ons dogtertjie besig om te floreer op soveel vlakke en ons is opgewonde om te sien wat sy alles gaan bereik in die jaar wat voorlê. Weet nie hoe ons afskeid gaan neem aan die einde van die jaar met 'n kosbare plek wat vir ons nie net 'n skool was nie, maar 'n kritiese deel van die village wat die Here oor ons pad gestuur het om ons kinders groot te maak. Nie net 'n skool nie, maar familie. Elke juffrou is met die hand gekies en hulle werk so mooi saam as 'n span om op alle vlakke vir elke kindjie net die beste te kan gee. Ek kan met sekerheid Carpe Diem aanbeveel as a'n finominale skool en keuse vir die fondasie jare vir enige baba en kleuter.
Beste keuse van kleuterskool ooit!!! Baie liefde en hope stimulasie...n veilige hawe waar kinders regtig leer deur speel!!!
As jy opsoek is na ‘n skool waar jy sukkel om jou kind huis toe te neem na ‘n lekker skooldag want die personeel gee soveel liefde en pret… is Carpe Diem die skool vir jou! Ons loop al ‘n pad vanaf 2021 met Carpe Diem Kleuterskool en wat ‘n voorreg om deel van so besonderse kleuterskool te wees! Hul doen altyd so baie moeite waar die kinders leer uit ervaring bv self die brandweerwa se water spuit en nog vele meer instappies word gratis gedoen!
